Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2015

Pretzel

340 g broodmeel
55 g mielieblom
85 g botter
250 mℓ louwarm water
1 eiergeel
5 mℓ Marmite / Bovril
Sout
Sif al die droë bestanddele saam en smelt die botter in die water.
Meng dit dan saam tot ’n stywe deeg.
Rol dit uit – so dun soos tertdeeg. Sny die deeg in repies.
Intussen klits jy die eiergeel saam met die Marmite en sout.
Doop die stukkies deeg in die mengsel en pak dit op ’n gesmeerde bakplaat.
Bak by 180°C tot geelbruin.

Dit hou baie lank as dit in lugdigte blikke gepak word.



(foto: David Lofink)

No comments :

Post a Comment