Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/21/2015

Kreoolse braaisous

1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 soetrissie, fyngekap
90 mℓ botter
500 g geskilde tamaties
90 mℓ tamatiepasta
90 mℓ rooiwyn
30 mℓ suurlemoensap
60 mℓ bruinsuiker
Sout en varsgemaalde swartpeper
’n skeut Tabasco

Braai die ui, knoffel en soetrissie in die botter tot ligbruin.
Voeg die tamaties, tamatiepasta, rooiwyn, suurlemoensap en bruinsuiker by.
Bring tot kookpunt, stel dan die hitte laer en prut stadig vir 20 minute.
Geur met sout, varsgemaalde swartpeper en ’n skeut Tabasco.

Bedien die sous warm saam met vleis of vis.



(foto Wally Gobetz)

No comments :

Post a Comment