Carmen Niehaus kén Suid-Afrikaanse kos. Ná 25 resepteboeke en 27 jaar as kosredakteur by Huisgenoot en You, is sy een van ons mees geliefde koskenners. Nou het Carmen vir die eerste keer al haar eie gunstelingresepte in een boek bymekaargebring.
Ou staatmakers op ’n vars manier aangepak, maar ook disse swierig genoeg om aan gaste voor te sit – dis alles hier, van die Wortel-en-beetkoek wat Carmen vir die TV-program Koekedoor gebak het en haar Banoffee-tert, tot Bobotie en Banting-lasagne. Die meer as 100 resepte sluit sop, voorgeregte, slaaie, hoofgeregte, gebak en nageregte in. Met talle variasies en Carmen se persoonlike beproefde wenke sal dié boek ’n ereplek in jou kombuis kry.
“Carmen is ’n legende. Dink net – Suid-Afrika se kosbakke sou baie vervelig gewees het sonder haar.”
Izelle Venter – Hoofredakteur, Redaksionele oplossings, Media24
Carmen se beste resepte / Carmen Niehaus -- Human & Rousseau, 29 Oktober 2015. -- 256 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798168342
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment