Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/20/2016

Clocolan Plaaskultuurfees 2016

Dis amper tyd vir die jaarlikse Plaaskultuurfees, die 18de en 19de Maart 2016, op Clocolan!

Daar gaan weer 'n vol program wees met gaskunstenaar en vleispaleis, Thys die Bosveldklong, wat Saterdagaand gaan optree. Daar is ook bergfietsrenne wat daardie naweek op Clocolan aangebied word.

Die fees gaan alles oor die kultuur van boerdery met veteraantrekkers en stoomenjins wat uitgestal word. Daar is ook tradisionele kos soos skaapkoppe, afval, pannekoek, skilpadjies, koeksisters en vele meer op te eet en drink.

Besoekers kan op die terrein kamp. Vir vedere navrae daaroor kontak Valencia by 082 775 1675.

Die jongsan kan ook uitsien na hope vermaak - onder andere ponieritte, paintball, vierwiele, gesigverf en so meer.

Feesgangers kan ook uitsien na onder andere trekkervermaak,ossewa-ritte, troetel- en babakompetisies, saalperd vertoning, boeresport, skaapskeer en sommer net 'n lekker kuier in die nuwe biertent.

So hou die datum oop en bespreek nou al slaapplek vir 18 en 19 Maart 2016.

Vir algemene navrae kontak Chané by 0738193215.

No comments :

Post a Comment