Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/09/2016

SA Kaasfees in die kollig

Die immergewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees vind plaas van 30 April tot 2 Mei 2016 en vier hierdie jaar ‘n fenominale vyftien jaar. In hierdie feesjaar word die Kollig op Kaas geplaas, van die mees bekendste en gewildste kase tot die meer eksotiese, handgemaakte boetiek kase.

Feesgangers kan hierdie unieke kaaservaring komplimenteer met uitsonderlike wyne, goeie musiek, gewilde sjefs en bekende persoonlikhede wat die Kollig op Kaas gaan plaas. Nooi dus jou vriende en familie om ‘n dag van uiterse plesier saam met jou deur te bring op Sandringham, tuiste van die Suid-Afrikaanse Kaasfees.

Kaartjies is by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkels beskikbaar teen R150 per dag. Senior burgers betaal R100 per dag en kinders 13 jaar en jonger kry gratis toegang. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, afrit 39, tussen Kaapstad en Paarl.

No comments :

Post a Comment