Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/26/2016

Ronde aartappelskyfies / Game Chips

Dit is algemeen in Europa om dun, ronde aartappelskyfies voor te sit by wildsvleis. Dit staan algemeen bekend as “game chips”.

Gebruik groot aartappels. 700 g sal genoeg wees vir 6 persone.

Skil en sny die punte af.
Sny dit op in dun, ronde skyfies.
Week die skyfies vir 1 uur in koue water. Sorg dat die skyfies los vanmekaar in die water dryf.

Dreineer die skyfies en plaas dit op ’n skoon doek om droog te word vir 20 minute. Die skyfies moet nooit op mekaar lê nie.

Diepbraai die skyfies bietjie vir bietjie in olie. Eers by 180°C, tot die olie ophou borrel. Daarna alles saam by 200°C tot goudbruin.

Dreineer en strooi sout oor.

Wenk: Moet nooit aartappelskyfies toemaak nie, dan verloor dit die brosheid.

No comments :

Post a Comment