Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/11/2016

Die kykNET Kos-crawl 2016

Sedert 2014 is die kykNET-koscrawl een van Innibos se heel gewildste produksies.

Dit is soos pub-crawling, maar hier word daar rondom kos, kokkedore, sjefs en kunstenaars gekuier. Die feesgangers klim op ’n bus en dan vertrek hulle na Nelspruit Hoërskool waar daar vier verskillende aandoenplekke is. By hierdie venues tree daar verskillende sjefs en kunstenaars op.

Die eerste aandoenplek is Huis Hermann Davin. Voeg ʼn befaamde kokkedoor en ʼn geliefde sanger en storieverteller bymekaar en jy het ʼn resep vir ʼn heerlike gereg. Tiaan Langenegger en Jak de Priester span kragte saam in hulle produksie Kos en Woorde vir die Siel waar hulle heerlike geregte en sielvolle stories kombineer vir ’n egte sensoriese ervaring. Hulle gaan smullekker geregte demonstreer en wys hoe Clemengold-produkte vernuftig in disse gebruik kan word.

Die tweede aandoenplek is fleur de Lis-restaurant waar die befaamde sjef Nicolas van der Walt sy slag met fyngebak gaan wys. Hy het opslae gemaak as een van die mees belowende sjefs veral wat suiker- en sjokolade handwerk betref. Hy het die suikerkuns vervolmaak en is ook ʼn leier op die gebied sjokolade. Hy is tans direkteur en mede-eienaar van die FBI Chef school and Patisserie Academy. Hier gaan jou soettand beslis bevredig word.

Die derde aandoenplek is Huis Maré waar die hoogaangeskrewe sjef Bertus Basson optree. Hy is veral bekend is vir die sukses van Overture, ’n restaurant bekend vir sy fynproewerdisse. Hierdie restaurant wat in die pragtige wynlande geleë is, het al vele pryse gewen en word beskou as een van Suid-Afrika se top uiteetplekke. Bertus hou daarvan om met vars produkte te werk en sy aandag aan detail is die sleutel tot sy kookkuns-sukses. Hierdie supersjef was ʼn beoordelaar van The Ultimate Braai Master en is tans aanbieder van die splinternuwe Afrikaanse reeks Brood en Botter.

Dan vir die letterlike kersie op die koek gaan feesgangers langs die swembad by H2M vir Anmar Odendal – al die pad vanuit Engeland - in aksie sien. Hierdie flambojante en energieke kok is veral bekend vir haar kreatiewe en innoverende versiering van koeke en fyngebak. Sy is onder die top 20 troukoekbakkers van die Verenigde Koninkryk. Sy is in 2012 as die beste troukoekontwerper in die ooste van Engeland aangewys. Sy is tans pastry chef van Swan Hotel and Spa in Lavenham, Suffolk. Saam met haar tree storieverteller Andries Vermeulen op wat feesgangers met staaltjies oor koeke en kos gaan verras.

Die kykNET koscrawl word afgesluit met ’n reuse verrassing. Kom ontmoet die Koekedoor 2016 se wenners en kom proe van die fyngebak wat uit hulle kombuise kom.

Vanjaar se kykNET koscrawl beloof een van die hoogtepunte op die program te wees. Moenie dit misloop nie!

Die feesgangers kry slegs ’n peuselhappie by al die aandoenplekke - nie ’n volledige ete nie.

Met Met Bertus Basson, Tiaan Langenegger en Jak de Priester, Nicolas van der Walt, Anmar Odendal en Andries Vermeulen

Genre: Kookkuns
Ouderdomsbeperking: Slegs volwassenes
Plek: Bus optelpunt: NG Gemeente Westergloed, Koraalboomstraat 36
Kaartjies: R252
Datum: Busse vertrek Vr 1 Julie 2016 om 9:00, 11:00 en 13:00

Innibos 2016

Die kykNET Kos-crawl 2016,
Roekeloos,
11 Junie 2016. 2

No comments :

Post a Comment