Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/24/2016

Tamatie-fondue

2 middelmatige ryp tamaties, die skil en pitte verwyder en dan fyngekap
2,5 mℓ gedroogde basiliekruid
1 knoffelhuisie
30 mℓ botter
125 mℓ droë witwyn
500 mℓ gerasperde cheddar
Paprika

Meng die basilie en die tamatie. Voeg die botter en knoffel in ’n souspot en verhit sodat die botter smelt. Wanneer die botter begin borrel – dit moet nie verbruin nie – voeg die tamatie by. Laat dit 6 tot 8 minute lank kook.
Geur die mengsel met paprika en gooi die wyn by. Laat dit saggies kook tot alles goed gemeng is. Roer deurentyd.

Voeg nou die kaas by. Hou aan roer. Wanneer die kaas gesmelt is en dit is baie warm is dit gereed om bedien te word. Bedien dit op roosterbrood, as fondue-sous of oor pasta.

No comments :

Post a Comment