Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2016

Vrugte in stroop

Mens sien verskriklik uit na die somer as dit so koud is. Hier is ’n vinnig en maklike nagereg vir die hitte wat om die draai is (wensdenkery).

Kook ’n stroop van 250 mℓ water, 250 mℓ suiker en 125 mℓ Cointreau.

Jy sny jou vrugte in kwarte en gooi die warm stroop daaroor.
Laat dit afkoel en plaas dan in die yskas om goed koud te raak.
As jy dit uithaal kan jy vrugte soos aarbeie en frambose bysny. Hierdie tipe vrugte vaar nie goed as jy warm stroop daaroor gooi nie.

No comments :

Post a Comment