Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/18/2016

Calamari, soos hulle dit in Venesië maak

Vir die resep gebruik ek calamari wat in repe gesny is, maar jy kan dit in enige vorm gebruik.

Jy het ook ink van die inkvis nodig.

Begin deur ’n knoffelhuisie en ’n fyngekapte ui in olyfolie te braai.
As dit begin verbruin verwyder jy die knoffel en gooi die calamari en ’n hand vol fyngekapte pietersielie by.
Gooi ook ’n glas wyn by, draai die hitte op volstoom en kook die wyn af.
Stel nou die hitte laer en gooi die ink by (na smaak) – of los uit.
Geur met peper (geen sout nie).
Sit nou die deksel op en laat dit oor lae hitte prut vir 30 minute.
As jy vloeistof nodig kry, gebruik visaftreksel of ’n opgeloste blokkie vleisaftreksel.
Teen die einde van die kooktyd voeg jy 30 mℓ olyfolie by en die sap van ’n halwe suurlemoen.
Nou geur jy dit eers met sout na smaak.



(foto: Kevin Harber)

No comments :

Post a Comment