Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2016

Vermicelli

Vermicelli is lang, fyn drade pasta. Die woord beteken letterlik klein wurmpies in Italiaans. In Afrikaans is die woord engelhaarpasta deesdae baie gewild vir vermicelli. Ons het die woord by die Nederlanders geleen.

Terloops, as jy 40 jaar terug vir vermicelli gevra het in ’n Afrikaanse kombuis sou jy waarskynlik klein stukkies sjokolade gekry het waarmee kolwyntjies en ander koek versier word. Ons is onder Britse invloed daardie betekenis geleer, maar het dit intussen ontgroei.

Meeste van ons supermarkte verkoop vermicelli in ’n baksteenvormige bondel. Om dit voor te berei sny jy die bondel in die helfte in die lengte en verdeel elke helfte in klein bondeltjies.

Aangesien baie van ons vermicelli uit die Ooste kom gebruik ons die Chinese manier van vermicelli gaarmaak in die resep. Chinese vermicelli verskil van die Italiaanse soort deur dat dit van rysmeel gemaak en soos noedels gebruik word. Italiaanse vermicelli word gewoonweg soos ander pasta voorberei, net vinniger.

Verhit olie in ’n wok oor medium hitte – so 5 cm diep.
Laat sak ’n klein bondeltjie vermicelli in die olie met ’n gaatjieslepel.
Wanneer die vermicelli na bo dryf verwyder jy dit dadelik. Dit neem net so 3 tot 5 sekondes.
Dreineer die vermicelli op kombuispapier.



(foto: Judit Klein)

No comments :

Post a Comment