Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/27/2016

Venesiese kool

1 groot kool, die buitenste blare verwyder, gewas en in dun repe gesny
50 g opgekapte varkvet
45 mℓ olie
Fyngedrukte knoffelhuisie
Takkie roosmaryn
80 mℓ witwyn
Sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die vet, olie, knoffelhuisie en roosmaryn saam in ’n groot swaarboom pot.
Verwyder die knoffel wanneer dit verbruin het. Verwyder dan ook die roosmaryn.
Gooi die kool by en geur met sout en peper. Sit die deksel op en kook oor lae hitte. Roer gereeld, sodat dit nie aanbrand nie. Kook tot die kool sag is.

No comments :

Post a Comment