Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/09/2016

Tamatie-fondue / Tomato fondue

2 tamaties, geskil, die pitte verwyder en die vleis fyngekap
2,5 mℓ droë basiliekruid
1 knoffelhuisie
30 mℓ botter
100 mℓ droë witwyn
500 mℓ gerasperde cheddar
Paprika

Meng die tamatie en die basiliekruid.

Vryf jou konfoor met die knoffelhuisie en smelt dan die botter daarin. Sodra die botter begin borrel – dit moet nie verbruin nie – gooi jy die tamatie by. Laat dit 8 minute lank kook. Moet dit nie sout nie aangesien die kaas dalk gesout is.
Geur met paprika en gooi die wyn by. Laat dit saggies kook tot dit goed gemeng is en gooi dan die kaas by. Roer aanhoudend tot die kaas gesmelt is.

Eet met brood.

No comments :

Post a Comment