Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/28/2017

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling

Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak:

met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as vulsel vir ander gebak soos doughnuts: melkterte van oor die hele wêreld – Nederland, Portugal, Spanje, Amerika, Frankryk, Engeland en selfs China.

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling word volgende week, op 10 Maart 2017, vrygestel.

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling / Mari-Louis Guy & Callie Maritz -- Human & Rousseau, 10 Maart 2017; 144 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798174633


Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling,
Bettie Blom,
28 Februarie 2017.

3

No comments :

Post a Comment