Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/01/2017

Maak jou eie KFC – die resep

Daar is soveel stories oor Colonel Sanders en sy Kentucky Fried Chicken resepte. Die Chicago Tribune het egter reeds in 2016 die geheim van die 11 kruie en speserye gepubliseer.

’n Joernalis van die Tribune het hierdie foto geneem in die Harland Sanders Cafe and Museum in ’n klein dorpie genaamd Corbin in Kentucky in Amerika waar die “Colonel” sy hoender begin verkoop het.

Die Tribune het die KFC resep getoets en beslis dat dit “finger lickin’ good” is.

Die 11 kruie en speserye wat jy meng met 2 koppies meel is:

2/3 eetlepel sout
½ eetlepel tiemie
½ eetlepel basiliekruid
1/3 eetlepel oreganum
1 eetlepel selderysout
1 eetlepel swartpeper
1 eetlepel droë mosterd
4 eetlepels paprika
2 eetlepels knoffelsout
1 eetlepel fyngemaalde gemmer
3 eetlepels witpeper

No comments :

Post a Comment