Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/21/2017

Gemarineerde wildsboud of rugstring

Stop die vleis met lang repies spek en laat dit 3 dae lê in ’n marinade van:

750 mℓ rooiwyn
500 mℓ asyn
4 lourierblare
12 peperkorrels
8 naeltjies
2 uie, in halwe ringe gesny

Keer die vleis 2 keer per dag om.

Gooi die marinade deur ’n sif en gebruik die sous om die vleis in te braai.

Die vleis moet in ’n swaar platboompot gebraai word. Plaas die vleis in die pot saam met ’n koppie marinade – vul dit op met rooiwyn soos benodig. Sit die deksel op en laat dit stadig stoof. Gooi kort-kort nog sous by soos dit wegkook.

Wanneer die vleis van kleur verander geur jy dit met sout en draai dit voortdurend. Benat dit elke keer met die sous in die pot.

Wanneer die vleis amper gaar is meng jy ’n bietjie meel met rooiwyn en gooi dit in die pot. Roer dit by om die sous te laat verdik.

Garneer met kruie en bedien.

No comments :

Post a Comment