Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/16/2017

Dorado met chermoula

Dorado is ’n goudkleurige seevis. Chermoula is ’n Marokkaanse marinade wat ook as ’n sous bedien kan word.

Chermoula
3 knoffelhuisies, fyngedruk
1 teelepel fyngemaalde komyn
½ teelepel paprika
’n knypie rissiepoeier
2 eetlepels vars, gekapte koljander
2 eetlepels vars, gekapte pietersielie
¼ koppie olyfolie
¼ koppie suurlemoensap
2 teelepels gerasperde suurlemoenskil

Meng al die bestanddele vir die chermoula in ’n glasbak.
Skep die helfte van die sous uit en hou dit eenkant.
Bedek 8 x 200 g dorado-filette een vir een met die sous voor jy dit in ’n bak plaas saam met die marinade, bedek en oornag in die yskas hou. Onthou daarom apart te hou van die sous wat jy aanvanklik uitgeskep het.

Gooi die marinade af van die vis.
Braai die vis in ’n pan aan beide kante tot dit begin verbruin.
Bedien die vis saam met die behoue chermoula.

Die resep is genoeg vir 8 persone.

No comments :

Post a Comment