Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/17/2017

Amandel-en-appelkoosrandtert

450 g vars appelkose, ontpit en in die helfte gesny
Suikerstroop, gemaak met 280 mℓ water en 3 eetlepels suiker
2 eetlepels appelkooskonfyt, deur ’n sif gedruk
280 mℓ room, geklop en versoet met ’n skeut versiersuiker en gegeur met kirsch
’n paar amandels, gevlok en gesplit

Amandel-tertdeeg
28 g botter vir smeer en nog 85 g botter
170 g meel
40 g fyn amandels
40 g strooisuiker
1 eiergeel
2 eetlepels koue water

Posjeer die appelkose in die suikerstroop.

Berei die deeg deur die botter by die meel te vryf met die vingerpunte.
Voeg die amandels en suiker by.

Meng die eiergeel met die water en voeg by die droë bestanddele om ’n stywe deeg te maak. Verkoel dit vir 30 minute.

Rol die deeg uit en voer ’n 20 cm tertring uit daarmee en bedek met bakpapier. Gooi ’n paar droë boontjies op die papier.
Bak leeg vir 15 minute by 190°C. Verwyder die papier en boontjies na 10 minute.
Moet nie te lank bak nie. Die deeg moet nie verkleur nie.

Dreineer die appelkose en kook die vloeistof tot dit dik en stroperig is.
Voeg die konfyt is en roer tot dit opgelos is.
Gooi die mengsel deur ’n sif. As die stroop te dun is verdik dit met 2 teelepels mielieblom. Laat dit afkoel voor jy dit gebruik.

Wanneer die tertdop en strop koud is vul jy die dop met die room en rangskik die appelkose en amandels bo-op. Bestryk dit met die glasuur.

No comments :

Post a Comment