Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/11/2018

La Finca

’n Puerto Ricaanse bydrae genaamd La Finca. Dit verwys na ’n pasta met ’n kruisement pesto. Dit word gemaak in plekke waar daar nie basilie of parmesaan is nie. Dit is ook ’n uitstekende vegan plaasvervanger vir gewone pesto. Die verrassende bydrae in dié resep is die tamatie.

Die tradisionele manier is om dit met ’n vysel en stamper te maak, maar hierdie is die “lui” weergawe wat tjoef-tjaf in ’n voedselverwerker gebore word.

Die volgende bestanddele in ’n voedselverwerker:

’n klein tamatie
½ koppie geblansjeerde amandels
2 knoffelhuisies
3 koppies kruisementblare
¼ koppie olyfolie
Sout na smaak

Meng met tagliatelle, linguine of spaghetti.

No comments :

Post a Comment