2,5 kg broodmeel
1 liter lou water
1 dessertlepel sout
1 teelepel suiker
1 middelslag aartappel
Begin laat namiddag met suurdeeg.
Kook die water en laat dit afkoel in ’n 3 liter kastrol.
Spoel die aartappel af en sny dit in die helfte. Skep dit saam met die sout en suiker in die kastrol. Sprinkel sowat 1 koppie meel oor die water. Moet dit nie roer nie. Maak dit toe met ’n kombers en laat dit deurnag staan om te rys.
Die volgende oggend roer jy nog ’n koppie meel by. Plaas die kastrol in ’n groot bak warm water en laat rys.
Roer die res van die meel met 1 dessertlepel sout. Wanneer die suurdeeg goed gerys het skep jy die meelmengsel by. Knie deur en voeg nog water by soos nodig. Knie tot ’n gladde deeg. Laat dit dan rys tot dit verdubbel.
Knie weer deur, verdeel die deeg en plaas in twee gesmeerde broodpanne. Laat dit rys tot die panne feitlik vol is.
Bak vir 1 uur in ’n voorverhitte oond teen 180°C.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
Dit klink die naaste aan hoe my tante van Lambertsbaai die brood gemaak het. Maar sy het rollermeule meel gebruik. Waar kry mens die meel nog?
ReplyDeletePresies soos die oorspronklike resepte was! Géén suurdeeg word bygevoeg nie!
DeleteEk kon nou by Checkers in De Aar kry - jy behoort dit ook by 'n Checkers te kry
DeleteHaai Zola ek wonder wie jou tante was want ek het in Lambertsbaai grootgeword. My ma hulle het die Spar winkel gehad en het dus almal geken. Sy het gereeld soetsuurdeegbrood in ons buite oond gebak en ek is jammer, maar geen winkelbrood kom naby daardie heerlike brode nie. Ek dink sy het gewone witmeel gebruik. Ek sal wat wil gee vir n snytjie met dik plaasbotter daarop
ReplyDeleteWaarheen met die aartappel?
ReplyDeleteGoeie dag - wat gebeur met die aatappel? ☺ Moet dit uitgehaal word na die eerste rys?
ReplyDeleteEk vermoed na die tweede rys.
Delete