Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/19/2018

Armand kook kaal

Armand Aucamp sy geheim met almal: Hy eet kaal, gestroopte, heel kos in die vorm van die sogenaamde “banting”- of “keto”-leefstyl. Met ’n hoë-vet-lae-koolhidraat (HVLK)-dieet hou hy daardie Adonis-lyf in stand en maak hy sy bewonderaars mal.

Maar vir Armand is “banting” of “keto” geen straf nie. Naas toneelspel is kosmaak sy groot liefde en sedert hy die HVLK-leefstyl ontdek het, het hy met soveel kreatiewe maniere vorendag gekom om gesonde kos lekker te maak, dat hy besluit het om sy resepte in ’n boek met die wêreld te deel.

Armand kook kaal bestaan uit 100 HVLK-resepte wat banting- en/of keto-vriendelik is. Stap-vir-stap en met pragfoto’s daarby wys Armand jou hoe om smuldisse te skep uit heel, gestroopte bestanddele sonder om die skaal te laat ly.

Kies tussen eierdisse en vleisgeregte, lekkernye en nageregte en word so sterk en slank soos Armand.



Armand kook kaal / deur Armand Aucamp -- Lapa, 2 November 2018; 224 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799384727



Armand kook kaal,
Bettie Blom,
19 November 2018.
2.5

No comments :

Post a Comment