Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/07/2018

Franse uiesop / French Onion Soup

Soms moet jy vinnig ’n sop aanmekaarslaan. Dis dan wanneer jy daardie wonderbaarlike uitvindsel, die blikkie sop, sal waardeer. Niemand sal ooit van beter weet nie.

So maak jy byvoorbeeld die wonderbaarlikste “Franse” uiesop wat enige moeilike smulpaap sal verlei:

Maak seker niemand sien jou nie. Sny oop die blikkie uiesop en verdun dit met witwyn. Verhit tot warm. Intussen rooster jy skywe Franse brood in die oond en rasper parmesaan.

Bedien ’n sny brood in elke sopbakkie, met parmesaan bo-oor gestrooi.

Voilà!

No comments :

Post a Comment