Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/12/2018

Garnaal-risotto / Risotto di Gamberi

400 g garnale, gekook in 6 koppies water en die doppe verwyder
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ ui, fyngekap
’n klein bossie fyngekapte pietersielie
350 g Arborio rys
⅓ koppie olie
⅓ koppie witwyn
Varsgemaalde swartpeper
Sout
’n eetlepel botter

Kook die doppe van die garnale vêrder in die water, terwyl jy die gereg begin. Verwyder dan die doppe en gebruik die vloeistof as aftreksel vir die risotto.

Braai die knoffel en ui in die olie tot sag.
Gooi die rys by en bly roer tot die rys begin deursigtig raak.
Gooi die wyn by en verhoog die hitte, terwyl jy aanhoudend roer. Wanneer die wyn verdamp het, kan jy die garnale in die pot plaas en alles geur met die swartpeper en miskien ’n klein knippie sout.
Begin nou die aftreksel lepel vir lepel byroer.
Wanneer al die aftreksel deur die rys opgesuig is draai jy die hitte af en roer die pietersielie en botter by.
Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment