Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/08/2019

JAN wen SAFTA

In die gewilde TV-reeks JAN nooi die bekroonde sjef en kulinêre genie, Jan-Hendrik van der Westhuizen, kykers om te ervaar hoe hy die Franse en Suid-Afrikaanse kookkuns bymekaar bring in sy restaurant JAN, in Nice Frankryk. Die program, vervaardig deur Brainwave Produksies, gee `n intieme blik op die lewe van die besonderse kos- kunstenaar, asook die interessante prosesse waardeur Jan-Hendrik inspirasie kry vir sy bekroonde skeppings. Die reeks het ‘Beste Verskeidenheidsprogram’ gewen by vanjaar se Suid-Afrikaanse Film en Televisie Toekennings (SAFTAS).

Carien Loubser, regisseur van die reeks, sê dat dit `n besonderse ervaring was om die program te maak:

“As iemand dit regkry om te styg bo wat mense dink onmoontlik is, is dit die tipe storie wat ons almal inspireer. Ek was geweldig geintereseerd in hoe 'n plaasseun van Middelburg dit kon regkry om die eerste Suid-Afrikaner te word wat 'n Michelin ster wen vir sy restaurant in Nice, Frankryk. So stilletjies, op sy eie, sonder ‘fanfare’. Dis moes defnitief oor baie meer gegaan het as net om goed te kan kosmaak.

Kreatiwiteit beteken om iets te doen op 'n manier wat nog nooit voorheen gedoen is nie. Jan-Hendrik se idees het my verstand te bowe gegaan; ek het nog nie voorheen so iets gesien nie. Sy uniekheid as 'n chef in die wêreld is dat hy Suid-Afrikaanse kos op 'n internasionale platform sit. Met die reeks JAN, wou ons al hierdie elemente vasvang en die kykers saamneem op`n visuele en sensoriese ervaring.”

“Behalwe vir Jan se ongelooflike kos-reis waarop hy die kykers gevat het, was ek geweldig trots dat 'n Suid Afrikaner soveel sukses kan behaal in 'n kompeterende industrie waar die druk groot is. Ons het geweet dat vanuit 'n televisie produksie oogpunt, ons ook "Michelin kwaliteit" moet lewer in die verfilming en 'n program vervaardig wat op internasionale standaard is. Al is ons van die Suidpunt van Afrika, kan ons dieselfde kwaliteit lewer as enige ander land in die wêreld.”

Reeks 1 was in Nice en Italië geskiet en die tweede reeks wat vanaf Oktober 2019 uitgesaai word, beloof om kykers op nog `n groter reis te vat. Loubser beloof dat dit “mense se asems gaan wegslaan.” Die reeks is in Afrikaans, Frans en Italiaans met Engelse onderskrifte.

“Hulle sê die grootste avontuur wat mens kan neem is om 'n lewe te kies waarin jy jou drome kan uitleef, en sonder soveel talentvolle mense wat saam met my gewerk het aan JAN se 1ste seisoen sou daardie droom nooit 'n werklikheid kon word nie. Seisoen 2 word met dieselfde detail en magic aanmekaar gesit en ons kan nie wag om vir almal te wys die ‘ridiculous fun’ en trane wat ons gedeel het nie” - Jan Hendrik van der Westhuizen

Izelle Venter, kanaalhoof VIA TV sê: “Vandat JAN en Brainwave die projek aangepak het, kon VIA nie glo ons is so gelukkig om hierdie strooitjie te trek nie. Die program het alles wat ons trots maak: Kwaliteit, innovasie, Suid-Afrikaanse uitnemendheid, ‘n tikkie nostalgie en dis beeldskoon. Ons is ‘n trotse huis vir JAN.”

Brainwave Produksies het voorheen reeds twee SAFTA Toekennings ingepalm, vir Beste Geselsprogram: Republiek van Zoid Afrika en Beste Realiteitsprogram vir Supermodel.

No comments :

Post a Comment