Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/19/2019

Sjokolade-soufflé

110 g donker sjokolade
2 eetlepels water
280 mℓ melk
4 eetlepels strooisuiker
3 druppels vanieljegeursel
1 eetlepel meelblom
2 eetlepels mielieblom
28 g botter
3 eiergele
4 eierwitte
bietjie gesifte versiersuiker

Berei ’n 17,5 cm soufflé-bak en stel dei oond op 190°C.

Sny die sjokolade in baie klein stukkies en verhit in ’n kastrol saam met die water oor baie lae hitte, tot gesmelt. Voeg al die melk, behalwe 4 eetlepels, by. Bring melk en sjokolade tot kookpunt en voeg die suiker en vanielje by. Maak die kastrol toe en trek opsy.

Meng die orige melk met meel- en mielieblom, voeg by die sjokolade en plaas terug op die hitte. Bring tot kookpunt en roer gedurig. Kook 2 tot 3 sekondes en trek dan opsy. Stip die oppervlakte met klein stukkies botter, maak toe en laat 5 minute lank staan. Roer die botter goed deur en klop elke eiergeel apart by.

Klop eierwitte styf, roer een eetlepel daarvan in die mengsel met ’n metaallepel en vou die res in.

Skep die mengsel in die soufflé-bak en bak 20 minute lank.

Trek die oondrak met soufflé daarop uit, sprinkel gesifte versiersuiker oor die soufflé en bak 4 tot 5 minute langer om suiker te karamelliseer.

Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment