Hierdie is ’n smaaklike, onpretensieuse Italiaanse dis. Dit gaan goed saam met gebraaide vleis.
800 g aartappels, gekook, die skil verwyder en indik skywe gesny
50 g vet spek, in blokkies gesny
2 eetlepels botter
1 ui, in ringe gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit die botter en spek saam in ’n swaarboom pan.
Braai die ui hierin tot deurskynend. Benat dit met water van tyd tot tyd.
Voeg die aartappels by, geur met sout en peper en kook op ’n baie warm plaat. Draai die aartappels van tyd tot tyd. Probeer om nie die aartappels te veel te breek nie.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/28/2019
Aartappels en uie / Patate con la Cipolla alla Triestina
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Italiaans
,
Vegetaries
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment