500 g tagliatelle
1 eetlepel olyfolie
1 ui, grof opgekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
3 teelepels fyngekapte suurlemoenskil
125 mℓ groenteaftreksel
2 blikkies artisjokharte, in dik skywe gesny
100 g botter, in stukkies gesny
125 mℓ gerasperde parmesaan
2 eetlepels fyngekapte vars kruisement
Kook die pasta volgens aanwysings. Dreineer en hou eenkant.
Intussen verhit jy die olie in ’n groot pan.
Braai die ui en knoffel saam tot die ui begin sag word. Roer aanhoudend.
Voeg die suurlemoenskil en aftreksel by en verhit to dit kook.
Stel die hitte bietjie laer en laat dit prut vir ’n minuut.
Voeg die artisjokke en botter by en laat prut tot die botter gesmelt het.
Meng die pasta, parmesaan en kruisement en bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
10/23/2019
Tagliatelle met artisjokke / Tagliatelle with Artichokes
Sleutelwoorde:
Italiaans
,
Pasta
,
Vegetaries
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment