Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/07/2020

Appelfrummelpoeding / Apple Crumble

Vir die frummel:
300 g koekmeel
Knippie sout
175 g bruinsuiker
200 g ongesoute botter by kamertemperatuur, in blokkies gesny

Vir die vulsel:
450 g appels, geskil, ontpit en in stukkies van 1 cm gesny
50 g bruinsuiker
1 eetlepel koekmeel
Knippie kaneel

Voorverhit die oond tot 180°C.

Meng die meel, sout en suiker in ’n groot mengbak en vryf ’n paar blokkies botter by. Hou aan tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Strooi die suiker, meel en kaneel oor die appels in ’n groot mengbak. Meng versigtig sodat jy nie die appels verder breek nie.

Smeer ’n 24 cm oondbak en skep die appelmengsel daarin. Skep die frummels bo-oor.

Bak vir maksimum 45 minute tot die frummels verbruin het en die appelmengsel borrel.

Bedien met room of vla.


No comments :

Post a Comment