Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/18/2020

Mielie-en-bone-enchiladas met suurroom

Vulsel
’n skeut olyfolie
1 ui, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 groen soetrissie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel gemaalde koljander
1 teelepel gedroogde origanum
1 teelepel gemaalde, gerookte paprika
1 teelepel komynsaad
2 blikke rooi nierbone
1 blik mieliepitte
1 jalapeno, fyngekap
’n hand vol vars koljander, gekap
Gerasperde skil en sap van 2 lemmetjies
Sout en varsgemaalde swartpeper

Sous
2 knoffelhuisies
2 blikke heel, geskilde tamaties

8 tortillas
2 koppies gerasperde mozzarella
Suurroom

Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui, soetrissies en knoffel tot sag.

Voeg die speserye by en roer vir ’n minuut.
Voeg die orige vulsel-bestanddele by en meng.
Hou eenkant.

Vir die sous pols jy die knoffel en tamaties saam tot glad en geur.

Smeer die helfte van die sous onder in ’n oondbak.
Verdeel die vulsel tussen die tortillas en rol op. Pak in die oondbak.
Gooi die orige sous oor en strooi dan die mozzarella oor.
Bak teen 180°C vir 30 minute tot goudbruin.

Sit voor met suurroom.

No comments :

Post a Comment