Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/21/2021

Aartappel-en-bierbredie / Potato and Beer Stew

’n Voedsame Ierse bredie.

2 eetlepels olie
1 ui, in blokkies gesny
4 wortels, geskil en in ringe gesny
3 stokke seldery, in stukkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
6 klein aartappeltjies, gehalveer
2 patats, in stukke gesny
2 eetlepels Marmite
2 koppies groenteaftreksel
1 blikkie bier
4 lourierblare
Sout en varsgemaalde swartpeper
1 blik cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
Gekapte pietersielie

Verhit die olie in ’n groot pot.
Braai die ui, wortel en seldery tot bruin.
Voeg die knoffel by en braai nog 1 minuut.
Voeg die aartappels en patat by.
Roer die Marmite by en laat kook vir 2 minute.
Voeg die aftreksel, bier en lourierblare by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat onbedek prut vir 30 minute. Al die groente moet sag wees.

Geur met sout en peper.
Voeg die bone by en prut nog 10 minute.

Strooi die pietersielie oor en bedien met brood.

(die resep is genoeg vir 6 persone)

No comments :

Post a Comment