Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


7/07/2021

Beesvleis slaai / Salade de Bœuf

750 g gaar beesvleis, die vet afgesny en die vleis in dun skywe gesny
6 agurkies, in dun skyfies gesny
4 eetlepels fyngekapte ui
6 eetlepels olyfolie
2 eetlepels wynasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper
1 eetlepel fyngekapte agurkie
2 eetlepels fyngekapte pietersielie

Meng die vleis, skywe agurkie, ui, olyfolie en asyn versigtig en garneer met sout en peper. Laat dit vir ten minste 2 uur marineer.
Garneer met die fyngekapte agurkie en pietersielie en bedien.

Opsie: Die vleis kan op slaaiblare bedien word.

No comments :

Post a Comment