Oi Muchin is ’n Koreaanse instelling. Sodanig dat elke familie omtrent hul eie weergawe van hierdie komkommerslaai het. So is hierdie weergawe ook gebaseer op persoonlike smaak.
Jy het die volgende bestanddele nodig:
1 Engelse komkommer – in dun halwe skywe gesny
1 klein rooi ui – in fyn halwe skywe gesny
2 fyngedrukte knoffelhuisies
2 fyngekapte rissies, met pitte en al – of hoeveel jy ook kan hanteer
1 teelepel sesamolie – die Koreane gebruik gewoonlik meer, maar dit kan oorweldigend wees as jy nie gewoond is daaraan nie
2 eetlepels sojasous
2 teelepels geroosterde sesamsaad
Meng gewoon al die bestanddele saam en sit dadelik voor. Dit mag dalk water trek as jy dit te lank voor die tyd maak.
Hierdie resep is genoeg vir 4 persone as jy dit saam met ander geregte bedien.
Voorstel: Bedien met kluitjies (dumplings).
No comments :
Post a Comment