Hierdie tamatieslaai het ’n slaaisous wat herinner aan die kookkuns van Suidoos-Asië.
Vir die sous het jy nodig:
1 eetlepel sojasous
’n paar druppels sesamolie – nie te veel nie
2 teelepels rysasyn
½ teelepel suiker
Sny 4 groot tamaties in stukke en plaas dit in ’n vergiettes. Strooi ’n ¾ teelepel goeie sout oor. Laat dit so staan vir ten minste 15 minute.
Meng nou die bestanddele vir die sous.
Skud die tamaties om seker te maak enige ekstra vloeistof het dreineer. Meng die tamaties met die sous – gebruik ’n houtlepel. Fyngekapte knoffel en kruie kan ook by die sous gebruik word.
No comments :
Post a Comment