Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/03/2024

Sofrito

Sofrito is ’n geurige, aromatiese mengsel van tamaties, uie, soetrissies, koljander en knoffel wat gebruik word as die basis vir geregte in die Mediterreense, Latyns-Amerikaanse, Spaanse, Italiaanse en Portugese kookkuns. Dit bestaan tipies uit bestanddele wat in klein stukkies gesny word en vir 'n lang tydperk oor 'n lae hitte gesoteer of gesmoor word in kookolie.

2 uie, grof gekap
20 knoffelhuisies, skoongemaak
3 koppies gekapte soetrissies – jy kan ook ’n paar rissies ingooi
4 tamaties
’n bos koljander
Olie
sout

Plaas die uie en knoffel in ’n voedselverwerker en pols dit ’n paar keer.
Voeg die res van die bestanddele by en verwerk tot ’n puree.
Kook in ’n pan met bietjie kookolie. Sout dadelik.
Kook tot dit baie sag is.

No comments :

Post a Comment