Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/24/2025

Tamatie en kluitjie slaai met 'n rissie vinaigrette

BESTANDDELE VIR DIE SLAAI
· 1,25 kg ryp tamaties, in ongeveer 2 cm-stukke gesny (teen kamertemperatuur)
· 1 knoffelhuisie, gerasper
· ½ koppie basiliekruidblare, geskeur
· Sout en swartpeper
· 500 g bevrore kluitjies (nie ontdooi nie)
· Canola olie
· 1 tot 2 eetlepels bros gebraaide salotte

BESTANDDELE VIR DIE RISSIE VINAIGRETTE
· 3 eetlepels rissie-olie
· 2 eetlepels rysasyn
· 1 eetlepel sojasous, of meer na smaak

STAPPE
Plaas die tamaties op 'n groot opdienbord of in 'n bak. Voeg die knoffel, die helfte van die basiliekruidblare, 1 teelepel sout en 'n groot knippie swartpeper by. Meng en hou eenkant.

Om die vinaigrette te maak, kombineer die rissie-olie, rysasyn en sojasous en meng goed met ’n ballonklitser. Proe en as dit meer sout nodig het, voeg nog ’n ½ teelepel sojasous by.

Verhit 'n groot kleefvrye of gietysterpan oor medium-hoog vir 2 minute tot baie warm.

Voeg 1 tot 2 eetlepels olie by en voeg die kluitjies by (werk in bondels), platkant na onder, en kook totdat die onderkant van die kluitjies ligbruin is - 2 minute. Voeg dadelik sowat 1/4 koppie water by die pan, net genoeg om die basis van die bolletjies te bedek, plaas dan ’n deksel op en kook totdat die water verdamp het, 4 minute. (As jou kluitjies vleis bevat, kook vir 'n ekstra 1 tot 2 minute, of volgens verpakking se instruksies). Plaas die gaar kluitjies oor na 'n bord en gaan voort om die oorblywende bolletjies gaar te maak.

Om voor te sit, plaas die warm bolletjies op die tamatieslaai en bedruip met die rissie vinaigrette. Meng baie versigtig. Plaas die bros gebraaide salotte (indien gebruik) en die oorblywende basiliekruidblare bo-op.

No comments :

Post a Comment