BESTANDDELE
2 salm filette van ongeveer 200g elk
2 eetlepels olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ teelepel chilipoeier
½ teelepel komyn
½ teelepel uiepoeier
¼ teelepel swartpeper
¼ teelepel sout
1 ryp avokado, ontpit en in blokkies gesny
½ koppie tamatie, in blokkies gesny
1 klein ui of salot, in blokkies gesny
2 eetlepels koljander, fyngekap
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel lemmetjiesap
sout en peper na smaak
STAPPE
Roer die olyfolie, knoffel en speserye in 'n klein bakkie. Verf of vryf dit op die salm. Laat staan vir 10 minute.
Om die avokadosalsa te maak: Meng die avokado, tamatie, ui en koljander in 'n groot mengbak. Bedruip met olyfolie, vars lemmetjiesap en 'n knippie sout en peper. Meng liggies met 'n lepel tot dit goed gemeng is.
Bedek met kleefplastiek tot gereed om te bedien.
Verhit 'n groot swaargewig (verkieslik kleefvrye) pan of rooster oor medium-hoë hitte. Braai die salm vir 6 minute per kant. Verwyder uit die pan, bedek met avokado salsa en bedien dadelik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment