Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/25/2026

Stingelui sous / Scallion Sauce

1 bossie stingeluie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 teelepel sout
olyfolie
lemmetjiesap, maar suurlemoen of lemoen kan ook gebruik word

Stamp die stingeluie en knoffel tot 'n pasta saam met die sout.

Voeg 'n skeut lemmetjiesap by en klop olyfolie by tot dit 'n emulsie vorm.

Gebruik die sous met rys, eiers of noedels rys, eiers of noedels.

6/24/2026

Radys frittata / Radish Frittata

3 koppies gekapte radyse
olyfolie
sout
8 eiers, geklits met 'n knippie sout
gekapte tiemie (opsioneel)
2 koppies groente (vars spinasie, gebraaide uie, gekapte stingeluie en/of koljander)

Verhit die oond tot 200°C.

Meng die radyse in 'n bak met 'n bietjie olyfolie en sout en plaas op 'n bakplaat.
Rooster tot gekaramelliseer en goudbruin; vir omtrent 10 minute.
Laat afkoel en verlaag die oondtemperatuur tot 180°C.

Voeg die radys, 'n knippie tiemie en groente by die eier en roer om te kombineer.

Verhit 'n oondvaste pan. Bedek goed met olyfolie. Voeg die eiermengsel by en skuif die gestolde deel 'n paar keer na die middel. Sodra die kante gestol het, plaas dit in die oond. Kook tot die bokant net gestol het; omtrent 8 minute.
Laat dit 'n bietjie afkoel in die pan en keer dan om.

Soos die meeste frittatas, is hierdie een beter by kamertemperatuur as warm.

6/19/2026

Peperonata

1 soetrissie, in repe gesny in die lengte
½ ui, in dun halfmane gesny in ie lengte
1 knoffelhuisie, in dun skyfies gesny
olyfolie
sout
tamatie, opgesny - opsioneel

Verhit 'n dikboom pan.
Gooi 'n lagie olyfolie in die pan.
Braai die soetrissies, uie, koffel en sout saam oor medium-lae hitte tot hulle sag is en 'n bietjie sis.
Die tamatie kan saam met die ander groente bygevoeg word.

6/18/2026

Ertjie puree / Pea Puree

1 koppie gaar ertjies
2 eetlepels gekapte vars kruie (koljander, kruisement, dille, of 'n kombinasie)
3 eetlepels olyfolie
sout na smaak.

Pols alles saam in 'n voedselverwerker.

Dit is heerlik by kamertemperatuur op roosterbrood, of as 'n doopsous, en dit is veral lekker gemeng deur gaar groenbone of gaar broccoli.

As jy dit doop, kan jy ook 'n halwe avokado en 'n klein lepel suurroom of jogurt byvoeg.

6/11/2026

Hoe om pampoen te kook

Sny die pampoen in die helfte en verwyder enige pitte en los materiaal met ’n lepel.
Skil dan die pampoen en sny dit in stukke.
Plaas dit in ’’n kastrol en bedek met water.
Bring tot kookpunt en laat kook tot die pampoen sag is.
Bedien met botter of ’n sous.

Laat dit afkoel indien jy dit wil fynkap of puree.


6/10/2026

Vars vrugteslaai

2 lemoene, geskil en in skyfies met die vliesie verwyder
3 pere, ontpit en in stukke gesny
250 g pitlose druiwe
3 piesangs, in stukke gesny
3 appels, in stukkies gesny
85 g suiker
90 mℓ water
1 repie suurlemoenskil
30 mℓ likeur

Berei eers stroop voor deur die suiker stadig op te los in die water oor lae hitte. Roer aanhoudend. Voeg die res van die bestanddele by behalwe die likeur. Kook vir een minuut. Gooi uit in ’n houer en laat koud word.

Gooi al die vrugte in ’n bak en gooi die stroop oor. Keer die vrugte versigtig om.
Gooi die likeur oor en keer weer om.
Verkoel voor jy dit bedien.



Ps. Gebruik enige vrugte vir jou slaai!

6/04/2026

Prei en fyn aartappels / Leek and Potato Mash

1 koppie gaar preie
Sout na smaak
4 groot aartappels, geskil en in groot stukke gesny
4 eetlepels botter
'n bietjie room

Die moet kamertemperatuur wees.
Kook die aartappels in 'n groot pot kookwater tot sag.
Dreineer.

Voeg die aartappels by die preie.
Voeg dan die botter by die warm aartappels.
Druk alles fyn.
Gooi die room by en meng deur.
Proe vir sout en pas aan.
Bedien warm.

6/03/2026

Kropslaai roerbraai / Stir-fried Iceberg

½ kop kropslaai – Iceberg is goed geskik hiervoor, sny dit in repe
1 teelepel sojasous
1 teelepel sesamolie
1 teelepel rooiwynasyn
½ teelepel suiker
½ teelepel fyn peper
½ eetlepel olie
4 stingeluie, gekap
3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
Sout

Meng die sojasous, sesamolie, asyn, suiker en peper.

Verhit die olie, stingeluie en knoffel vinnig in ’n swaarboompan.
Gooi die kropslaai by en roerbraai tot dit verwelk. Dit gebeur baie vinnig.
Gooi die sous by en roer deur vir ’n minuut.
Proe vir sout.

5/28/2026

Groenboontjies met aillade

1 koppie gaar groenbone
1 eetlepel aillade
olyfolie om oor te drup.

Bring die bone tot kamertemperatuur.
Meng 'n lepelvol van die aillade by en bedruip met olyfolie.
Nog 'n opsie is om bietjie suurlemoenskil by te voeg.