Wanneer jy room by 'n béchamel voeg het jy 'n sauce crème. Soos die room die sous verdun, moet die basiese béchamel aanvanklik dik genoeg wees sodat die finale sous die korrekte digtheid sal hê.
Roomsouse word gebruik vir groente, eiers, vis, pluimvee of warm hors d'oeuvres.
Hierdie resep is genoeg vir 2 koppies.
BESTANDDELE
1½ koppies dik béchamel
½ koppie slagroom
Sout en witpeper
STAPPE
Bring die sous tot kookpunt. Klits die room lepels vol by en prut totdat die sous die verlangde digtheid bereik.
Geur na smaak met sout, peper en druppels suurlemoensap.

No comments :
Post a Comment