Duxelles is 'n droë sampioenmengsel wat gebruik word vir vulsels en souse.
Die resep is genoeg vir ongeveer 1 koppie.
BESTANDDELE
250 g fyngemaalde vars sampioene – ongeveer 2 koppies
2 eetlepels fyngemaalde salotte
2 eetlepels botter
1 eetlepel olie
Sout en peper na smaak
STAPPE
Druk die sap sovêr moontlik uit die sampioene met ’n kombuishanddoek.
Soteer die sampioene en salotte in die botter en olie oor matig hoë hitte in ’n pan - roer gereeld. Na 6 tot 8 minute behoort die sampioen van mekaar te begin skei en liggies te verbruin.
Geur met sout en peper.

No comments :
Post a Comment