Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/21/2026

Gevulde sampioene - op die Franse manier / Champignons Farcis

Gevulde sampioene maak 'n goeie warm hors d'oeuvre of 'n garnering vir 'n vleisbord.

BESTANDDELE
12 vars sampioene, stingels verwyder en fyngekap, of 4 – 6 groot sampioene
7 eetlepels gesmelte botter
Sout en peper
3 eetlepels fyngekapte uie
1 eetlepel olie
3 eetlepels fyngekapte salotte
3 eetlepels fyn, wit, droë broodkrummels
¼ koppie gerasperde Switserse kaas
¼ koppie gerasperde parmesaan
4 eetlepels gekapte kruie
½ teelepel dragon
2 tot 3 eetlepels slagroom
3 eetlepels gerasperde Switserse kaas

STAPPE
Verhit die oond tot 190 grade Celsius.

Verf die sampioene met 3 eetlepels gesmelte botter. Plaas dit, met die hol kant na bo, in ’n braaipan. Strooi liggies sout en peper oor.
Braai die uie in 2 eetlepels botter en olie vir 4 minute sonder om dit te verbruin.
Voeg die salotte en sampioenstingels by. Braai oor matig hoë hitte in ’n pan - roer gereeld. Na 6 tot 8 minute behoort die sampioen liggies te verbruin.
Verwyder van die hitte en meng die broodkrummels, kase, kruie, dragon en speserye by. Meng 'n lepelvol room op 'n slag by om die mengsel te bevogtig, maar hou dit styf genoeg om sy vorm in 'n lepel te behou.
Proe vir sout en peper.
Vul die sampioene met die vulsel. Bedek elkeen met 'n bietjie kaas en druppels gesmelte botter.
Bak in die boonste derde van 'n voorverhitte oond vir 15 tot 20 minute, of totdat die sampioene sag is en die vulsel bo-op liggies bruin is.

No comments :

Post a Comment