Gaar rys (1½ koppie rou)
250 g fyngekapte sampioene
4 eetlepels botter
1 eetlepel olie
2 eetlepels fyngekapte salotte
Sout en peper na smaak
3 eetlepels fyngekapte pietersielie
Soteer die sampioene in 2 eetlepels botter en olie vir 8 minute tot ligbruin.
Roer die salotte by en kook stadig vir nog 2 minute.
Meng die warm, gestoomde rys met 'n vurk by en geur na smaak.
Roer die res van die botter en die pietersielie by.

No comments :
Post a Comment