Aartappels wat in dik room gebak word, is heerlik saam met gebraaide lam, hoender, kalfsvleis, beesvleis of varkvleis. 'n Belangrike punt in hierdie resep is dat jy nooit die room heeltemal moet laat prut tydens die bakproses nie; dan sal dit nie skif nie.
4 eetlepels botter
1 kg kook-aartappels, in 3 mm skywe gesny
1 teelepel sout
⅛ teelepel peper
1 koppie gerasperde Cheddar
1¼ koppies room
Verhit die oond tot 150 grade Celsius.
Smeer 1 eetlepel botter in ’n oondskottel.
Rangskik lae aartappels daarin en geur elke laag met sout, peper, kaas en klontjies botter. Eindig met kaas en botterklontjies.
Gooi die room oor en bring dit stadig tot dit prut bo-op die stoof.
Plaas dan in die middelste vlak van die voorverhitte oond en bak vir 1 tot 1¼ uur, en reguleer die oond se hitte tydens die bakproses sodat die room nooit heeltemal borrel nie.
Die gratin is gaar wanneer die aartappels sag is en die room geabsorbeer het, en die bokant ligbruin is.

No comments :
Post a Comment