Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Doopsous. Show all posts
Showing posts with label Doopsous. Show all posts

10/27/2021

L’anchoïade / Warm ansjovis canapés

’n Voorgereg waarvoor sommige hul geboortereg sal verkoop.

1 flessie ingelegde ansjovis
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel botter
’n paar druppels suurlemoensap – jy kan ook brandewyn gebruik
Varsgemaalde swartpeper
Dik snye witbrood

Druk die ansjovis fyn en meng dit saam met die knoffel, olyfolie en botter tot dit ’n pasta vorm.
Geur met die suurlemoensap en varsgemaalde swartpeper.

Rooster dik snye witbrood aan eenkant en smeer die L’anchoïade aan die ander kant.
Rooster dan in ’n oond vir ’n paar minute net voor jy dit bedien.


Die resep is genoeg vir 8 tot 12 snye brood. Jy kan dit ook as doopsous gebruik.

9/28/2014

Mascarpone doopsous

Vir ’n vinnige doopsous by jou aartappelskyfies meng jy ’n hand vol fyngekapte grasuie met mascarpone en geur dit met ’n goeie sout en varsgemaalde swartpeper.

(foto David Erickson)

9/12/2014

Cheddar fondue mengsel

500 g cheddar
50 mℓ appelwyn (cider)
2,5 mℓ Worcestershire-sous
sout en rooipeper na smaak

Smelt die cheddar oor lae hitte.
Wanneer die kaas gesmelt is roer jy die appelwyn en geurmiddels by.
Doop brood, groente, vrugte of stukkies vleis in die sous en eet.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.



(foto Jill Siegrist)