In die geboorteland van die dis, Italië, word dit selde Alfredo genoem, maar die regte naam word gebruik, Fettuccine Alfredo. Die gereg is deur 'n Italiaanse restauranteur vernoem na sy restaurant in Rome, Alfredo alla Scrofa. Die suiwer Fettuccine Alfredo is 'n vermenging van fettuccine met parmesan, botter en room. Dit word oor lae hitte gedoen tot die parmesan gesmelt het.
500 g pasta
250 g gerookte ham
1 ui, gekap
500 ml room
250 g sampioene
olie
1 pakie royco 3 cheese pasta sous
100 g Parmesan
Kook pasta in helfte water, helfte melk tot gaar.
Braai uie en sampioene tot bruin voeg room by. Stoof moet op lae hitte wees. Meng Royco sous met 100 ml warm melk, nie water nie, en roer tot glad. Roer nou sous en uiemengsel by pasta in. Kerf ham in klein blokkies en voeg by. Bedien warm en sprinkel parmesan bo-oor pasta.
resep: Yolanda
Resep 2
1 hoenderblokkkie aangemaak met 250ml water
¼ koppie meel
2 knoffelhuisies fyngedruk
¼ teelepel peper
90 ml jogurt
500 g gekookte noedels
6 lepels gerasperde Parmesan
vars pietersielie
Meng die meel, knoffel, hoenderblokkie en peper geleidelik in ´n pan tot ´n gladde mengsel. Verhit dan tot die mengsel kook en dik raak. Roer aanhoudend. Verwyder van hitte en roer die jogurt by. Meng dan saam met die pasta en kaas. Sprinkel pietersielie bo-oor.
Versier met wortel en roosblare.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment