Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/27/2023

Appelkooskonfyt / Apricot Jam

Ontpit die appelkose die vorige dag en laat vir ± 5 uur in sout water lê, 1kg appelkose 1 opgehoopte teelepel sout.
Spoel af en gooi suiker bo-oor, 1kg appelkose - ¾ koppie suiker
Laat staan oornag. MOET geen water bygooi!
Sit in mikrogolf bak en op ¾ hitte kook jy dit vir 10 minute. Roer na 5 minute.
Laat rus vir ½ uur en herhaal. Die konfyt behoort nou reg te wees maar indien nie kan nog bietjie gekook word. Dit moet onbedek kook.
Voorstel - Bruinsuiker kan gebruik word asook wit maar ek gebruik die suiker TYTE LYLE (R14.99) dit het reeds pektien in en maak die konfyt lekker. (Dit is te kry by groot afdelingswinkels.
Indien nie moontlik, neem suurlemoenpitte en laat week 'n paar uur in 'n bietjie water. Voeg die water by appelkose plus bietjie suurlemoensap. Hierdie suiker en of suurlemoen kan met enige konfyt gebruik word en op dieselfde manier gekook word.


Resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment