Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/06/2023

Blomkool-slaai

In plaas van die gewone koolslaai kan jy die somer hierdie uitstekende blomkoolslaai voorsit. Pas gerus die addisionele bestanddele aan volgens jou eie voorkeure.

Voorbereidingstyd: 20 minute
Kooktyd: 10 minute
Bedien: 8 persone

750 mℓ blomkool wat in stukkies gebreek is
60 mℓ versnipperde stingeluie
15 mℓ fyngekapte pietersielie

Slaaisous:
75 mℓ mayonnaise
75 mℓ jogurt
15 mℓ mosterd
5 mℓ suurlemoensap of asyn
’n kippie suiker
2,5 mℓ sout
Varsgemaalde swartpeper
1 mℓ kerriepoeier (opsioneel)

Addisionele bestanddele:
125 mℓ gekapte seldery
125 mℓ vars of gekookte mieliepitte
125 mℓ gevriesde ertjies
3 hardgekookte eiers, opgekap
30 mℓ ingelegde agurkies, opgekap
3 repe bros gebraaide spek, verkrummel

Meng die bestanddele vir die slaaisous en hou eenkant.

Plaas die blomkool in ’n kastrol en bedek met water.
Bring tot kookpunt en kook vir 8 minute.
Dreineer die blomkool en soel dit af met koue water.
Voeg die pietersielie, die addisionele bestanddele en die slaaisous by. Meng versigtig en skep in ’n slaaibak.
Hou vir ten minste 2 uur in die yskas voor gebruik.

Die slaai sal tot 3 dae in die yskas hou in ’n geseëlde houer.



Hierdie "blomkool en bacon" resep is deur Carolie de Koster.

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows).

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment