2 uie, fyngekap
olie
duimnael gemmer
2 knoffelhuisies
1 eetlepel growwe sout
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 sny brood
water
1 eier
60 ml melk
3 teelepels kerrie
1 teelepel komyn
1 teelepel borrie
½ teelepel peper
1 kg maalvleis
sap van 1 suurlemoen
30 ml asyn
125 ml geweekte sultanas
4 lourierblare
125 ml gevlokte amandels
6 suurlemoenblare
Bolaag: 125 ml melk
1 eier
½ teelepel borrie
Braai die uie tot deurskynend. Stamp die gemmer, knoffel en sout saam fyn en voeg by die uie. Braai vir 1 minuut. Roer die appelkooskonfyt by. Krummel die sny brood by. Voeg water by tot die krummels bedek is. Klits die eiers en melk saam. Meng saam met die kerrie, komyn, borrie en peper by die maalvleis. Roer die suurlemoensap, asyn en sultanas by uie-mengsel. Voeg maalvleis by. Skep alles in ´n bakskottel. Druk al die blare in die gereg. Bak 1 uur lank teen 180ºC. Klits die bestandele vir die bolaag saam, gooi dit oor die gebakte gereg en bak vir nog ´n halfuur.
Bedien met rys en slaai.
(bedien 6)
Resep 2
2 uie in skywe gesny
1½ kg maalvleis
½ eetlepel borrie
sap van 1 suurlemoen
4 eetlepels sterk blatjang
3 eetlepels appelkoos konfyt
olie
1½ eetlepel medium kerrie
1 koppie broodkrummels
3 piesangs opsioneel
2 eetlepels gekapte amandels - opsioneel
1 koppie melk
2 groot eiers
Aromat
Braai uie in olie tot sag. Voeg by kerrie, borrie en maalvleis en braai stadig tot bruin. Voeg sap en broodkrummels by, sout en peper na smaak en Aromat. Laat o ngeveer 15 minute prut.-Amandels kan ook nou bygevoeg word. Plaas vleis in oondskottel smeer dun lagie appelkooskonfyt bo-oor. Men die konfyt met bietjie suurlemoensap. Rangskik piesang skywe bo-op en gooi melk en eiermengsel oor. Laat hierdie mengsel(melk & eier) so bietjie insak. Bak in matige oond vir 30 minute tot dit styf is en mooi bruin is.
Bedien met geel rys en rosyne.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
7/03/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment