(bedien 6)
350 g beet, nog met blare aan
2 wortels, geskil en in vuurhoutjiestokkies gesny
20 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
3 stokke seldery, in vuurhoutjiestokkies gesny
1,5 liter groente-/hoenderaftreksel
20 ml asyn
250 g tamaties, geskil, die saad verwyder en fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Verwyder die beet se blare en stingels en kap dit fyn.
Skil die beet en sny op in dun repe.
Verhit die olie in 'n pot en roerbraai die beetrepe, wortels, ui en seldery oor lae hitte tot die olie opgeneem is deur die groente.
Voeg die aftreksel en asyn by en geur met sout en peper.
Bring tot kookpunt en laat dan vir 30 minute prut.
Voeg die tamatie en die beetblare en stingels by.
Prut vir 'n verdere 15 minute.
Bedien baie warm met 'n blerts suurroom en blokkies vleis.

No comments :
Post a Comment