Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2008

Chop Suey met vark / Chop Suey with pork

Hierdie Chinese styl groentedis is in die Verenigde State van Amerika ontwerp aan die einde van die negentiende eeu deur Chinese immigrante. Dit bestaan uit 'n mengsel van gekapte groente en soms ook repe vleis. Vark word tradisioneel gebruik. Dit word normaalweg saam met rys bedien.

(bedien 4 persone)

500 g varkvleis, in repe gesny
Marineer die vark vir 15 minute in 1 teelepel sojasous, twee teelepels oestersous, 1 teelepel sout en peper na smaak.
2 bossies bok choy (gebruik spruitkool indien jy nie bok choy kry nie), in repe gesny
½ koppie bamboeslote, in dun repe gesny
250 g sampioene, in dun skywe gesny
125 ml kastaiings, in stukkies gesny
1 groen soetrissie, pitte verwyder en in lang repe gesny
2 stokke seldery, in skyfies gesny
1 ui, in dun halwe mane gesny
250 g ertjies
olyfolie vir roerbraai

Verhit die olie in 'n wok. Roerbraai die vleis tot jy nie meer 'n rooi kleur sien nie. Verwyder die vleis en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die uie en seldery saam. Verwyder en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die soetrissie en ertjies saam. Verwyder en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die kastaiings. Verwyder en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die sampioene. Verwyder en hou eenkant.
Gooi 'n bietjie water by, bedek en kook die bok choy tot gaar.
Toets elke keer vir sout wanneer jy 'n gereg roerbraai.
Gooi alles saam in die wok en roerbraai tot warm.
Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment