Heerlik en maklik om te maak. Kinders is mal hieroor.
340 g tuna uit 'n blikkie (in soutwater), gedreineer
60 ml gekapte vinkel
4 sprietuie, gekap
10 ml gerasperde suurlemoenskil
4 snye witbrood, korsies af en gekrummel
2 eiers, geklits
1 klein gerasperde aartappel
60 ml broodmeel
5 ml bakpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
120 ml mayonnaise
60 ml lemmetjiesap
olie vir braai
Meng die tuna, vinkel, suurlemoen, brood, eier, aartappel, meel, bakpoeier en sout en peper saam. Verdeel in 4 burgers en sit dit vir ten minste 30 minute in die yskas voor jy dit braai.
Braai die burgers vir 5 minute aan elke kant.
Bedien op broodrolletjies. Meng die mayonnaise en lemmetjiesap en gooi oor die burger.
(bedien 4 persone)
Hierdie resep is verbeter op 23 Februarie 2016. Die aartappel is bygevoeg, asook die meel en bakpoeier. Dit bind beter en dit het nou ’n beter gebalanseerde smaak.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment